Monthly Archives: September 2012

Gerbrie se voorvereiste vir haar trouman was dat hy ‘n Boer moes wees met ‘n Hilux Bakkie en John Deere trekker. Sy het haar Boer met sy Bakkie gekry maar sy moes die John Deere trekker leen om as haar troukar te dien. Hulle troudag het lieflik begin en opgebou na hitte bo 30 grade en het die karige skaduwee van die enkele bome op die Vryheid se vlakte maar min verligting gebring. ‘n Dik wolkbank het tydens die diens aangerol gekom en omgesit in ‘n snerpende koue windjie. Die bruid het haar egter nie aan die verandering aan temperatuur gesteur nie en het sprankelend met haar nuwe man geposeer vir foto’s op die plaas se grasvlaktes.

Share on Facebook

View full post »

loading...